top of page

Peppermint Crisp Tert

Hierdie is een van Suid-Afrika se gunsteling nageregte. 'n Romerige, ryk lekkerte wat bestaan uit karamel, room en peppermint crisp sjokolade bo-op 'n bed van klapperkoekies.


Destyds toe ek en my man getrou het, wou hy ten minste eenkeer 'n week hierdie nagereg hê. Dis waar wat hulle sê: Die pad na 'n man se hart loop deur sy maag.


ree

Bestandele:

  • 250 Milliliter Room

  • 1 Blikkie Karamel

  • 2 Peppermint crisp sjokolade stafies (Kleinl)

  • 1/2 Pakkie klapper koekies (Tennis) gekrummel


Metode:

  1. Klop room tot styf.

  2. Voeg karamel by en klop stadig tot goed deurgemeng.

  3. Breek of kap sjokolade in klein stukkies en voeg by. Roer deur met 'n lepel.

  4. Plaas koekiekrummels in 'n 20cm tertbak.

  5. Skep roommengsel bo-oor en plaas in yskas vir 4 ure.

  6. Geniet!


 
 
 

Comments


bottom of page