top of page

Korslose Melktert

Melktert is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse nagereg wat bekend is vir sy romerige vulsel en bros kors. Die geskiedenis van melktert is ryk en weerspieël die kulturele invloede wat die land gevorm het.

Melktert kom al die pad van die 1600's af toe Hollandse setlaars hulle weg gevind het na Suid-Afrika. Die tradisionele Hollandse resep kom vanaf die Nederlandse variasie genaamd 'melktaart' gemaak met wrongelkaas.

Oor die jare het die resep verander en is beïnvloed deur verskillende kulture, insluitend die Khoisan, Britse en ander Europese tradisies. Dit het gelei tot verskeie variasies van melktert.

My voorkeur is beslis hierdie weergawe sonder 'n kors. Dit is altyd 'n treffer by enige geleentheid. Hierdie variasie smaak egter beter wanneer dit warm bedien word, aangesien die tekstuur redelik "dig" is.

Korslose Melktert
Korslose Melktert

Bestandele:

  • 1 Liter volroom melk + 'n ekstra koppie

  • 125 Gram sagte botter

  • 1 Kaneelstokkie

  • 100 Gram mielieblom (Maizena)

  • 25 Gram vlapoeier

  • 125 Mililiter koekmeel

  • 5 Mililiter sout

  • 350 Mililiter suiker

  • 6 Groot Eiers, geskei (Wit styf geklop en geel geroer)

  • 10 Mililiter Vanieulje geursel (of 5 Mililiter karamel geursel)

  • Suiker & kaneel mengsel vir oorstrooi


Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 grade Celcius. Smeer 'n 23cm deursnee losboomkoekpan met botter of spuit met kleefvrye sproei.

  2. Verhit die 1 Liter volroom melk met die botter en kaneel in 'n pot en verwyder net voor dit kookpunt bereik.

  3. Sif nou die mielieblom, vlapoeier, koekmeel sout en suiker saam.

  4. Voeg melk en eiergele by meelmengsel en roer goed deur tot 'n gladde mengsel vorm..

  5. Roer die meelmengsel in die warm melkmengel terwyl jy aanhoudend roer.

  6. Plaas die pot terug op lae hitte en roer aanhoudend tot die mengsel verdik.

  7. Haal nou mengsel van hitte af en verwyder kaneelstokkie.

  8. Vou styfgeklopte eierwitte in by vlamengsel.

  9. Skep vlamengsel in koekpan.

  10. Bind bakpapier om die pan om hoogte te skep. Die melktert gaan baie hoog rys terwyl dit bak, maar gaan weer platval wanneer dit uit oond verwyder word.

  11. Bak vir 45 minute of tot goudbruin. (Tert gaan nog drillerig lyk wanneer dit gaar is, dit is reg so en gaan stol soos dit afkoel)

  12. Strooi kaneelsuiker bo-oor warm tert en laat afkoel tot kamertempratuur voordat jy dit uit die pan verwyder.

  13. Geniet met 'n lekker koppie boeretroos!





 
 
 

Comments


bottom of page